Krygskunde

Gebuite Duitse tenk in die Eerste Wêreldoorlog.

Die krygskunde of die militêre wetenskap is die studie van militêre prosesse, instellings en gedrag, saam met die studie van oorlogvoering, en die teorie en toepassing van georganiseerde dwangmag.[1] Dit fokus hoofsaaklik op die teorie, metode en praktyk van die ontwikking van 'n militêre vermoë op 'n wyse wat in ooreenstemming is met die nasionale verdedigingsbeleid. Militêre wetenskap dien om die strategiese, politieke, ekonomiese, sielkundige, sosiale, operasionele, tegnologiese en taktiese elemente wat nodig is om relatiewe voordeel van militêre mag te handhaaf, te identifiseer; en om die waarskynlikheid en gunstige uitkomste van oorwinning in vrede of tydens 'n oorlog te verhoog. Militêre wetenskaplikes sluit in teoretici, navorsers, eksperimentele wetenskaplikes, toegepaste wetenskaplikes, ontwerpers, ingenieurs, toetstegnici en ander militêre personeel.

Militêre personeel kry wapens, toerusting en opleiding om spesifieke strategiese doelwitte te bereik. Militêre wetenskap word ook gebruik om die vyandskapasiteit as deel van tegniese intelligensie uit te vind.

In die militêre geskiedenis is die militêre wetenskap gedurende die tydperk van Industriële Revolusie as algemene term gebruik om te verwys na alle aangeleenthede van militêre teorie en tegnologie-toepassing as 'n enkele akademiese dissipline, insluitende die ontplooiing en indiensneming van troepe in vredestyd of in konflik.

In militêre opleiding is die militêre wetenskap dikwels die naam van die departement in die onderwysinrigting wat offisiers kandidaatopleiding administreer. Hierdie opleiding fokus egter gewoonlik op die amptelike leierskapopleiding en basiese inligting oor die aanwending van militêre teorieë, konsepte, metodes en stelsels. Afgestudeerdes is nie militêre wetenskaplikes na voltooiing van studies nie, maar eerder junior militêre offisiere.

  1. Jordan, 2013. bl. 880.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by razib.in